HARTSWATER – ’n Stemnota en foto wat op WhatsApp aangestuur word, wat teen wurms in die drinkwater op Hartswater waarsku, is volgens Phokwane-munisipaleit onwaar.
Die stemnota en foto is na bewering deur ’n inwoner van die gebied uitgestuur. In die stemnota waarsku ’n man ander inwoners om waaksaam te wees nadat hy rooi wurms in ’n bottel opgemerk het toe hy dit vol water getap het.
Kgalalelo Letshabo, ’n kommunikasiebeampte van Phokwane-munisipaliteit, sê die foto wat op sosiale media aangestuur word, is nie van Hartswater nie. Sy sê die kwaliteit van die munisipale water is op standaard.
Die munisipaliteit het geen klagtes of verslae van so ‘n aard ontvang nie. Die bewerings is daarom weerlê, verduidelik Letshabo.



