Saak teruggetrek ná vuurwapen-“grap”

Deel hierdie storie / Share this story

HARTSWATER. – ’n “Grap” het amper tot hofsake gelei nadat ‘n man hier na bewering Saterdagaand ’n vuurwapen op ’n petroljoggie by die Viva-garage gerig het.

Sers. Botumelo Mogwere, polisiewoordvoerder van die Hartswater-polisiekantoor, sê ’n saak vir die rig van ’n vuurwapen in ’n openbare plek is gisteroggend teen ’n man gemaak.

Na bewering ken die klaer die man wat die vuurwapen op hulle gerig het en is hy ’n vriend van hom. Hy het die saak vanoggend teruggetrek.

Niemand is vir dié saak in hegtenis geneem nie. “Die petroljoggie wil ook nie teen die man getuig nie, dus sal daar geen ondersoek ingestel word nie.”