KIMBERLEY. – Die hofverrigtinge is vanoggend in D-hof kortgeknip toe die advokaat skielik siek geraak het.
Die hof moes verdaag word, toe die advokaat nie kon voortgaan met die hofsaak nie.
Provinsiale ambulansdienste het die advokaat bygestaan. Dit is onseker wat die oorsaak van die voorval was.



