Dwelmbewusmaking by Laerskool Vooruitsig

Deel hierdie storie / Share this story

KIMBERLEY. – Die polisie in Kimberley het gister die Laerskool Vooruitsig besoek om leerlinge bewus te maak van die gevare van dwelms.

Kol. Mashay Gamieldien, polisiewoordvoerder, sê dié veldtog is aangebied in samewerking met die Kimberley-speurders en die Noord-Kaapse dwelmrehabilitasiesentrum.

Sers. Donald Chupologo , die sektorbestuurder en die Adopt-a-Cop van die skool, sowel as sers. Neo Noge het die leerlinge toegespreek.

“Daar is in die stadium nog nie enige probleme by laerskole met die gebruik van dwelms nie, maar elke skool se Adopt-a-Cop moet ’n bewusmakingsprogram aanbied,” sê Gamieldien. Sers. Chupologo het dus besluit om die jong leerders in te lig oor die gesondheidskwessies wat dwelmmisbruik inhou.

Dié veldtog het ongeveer 250 leerlinge bereik en sal by al die skole as deel van die Safer School Protocol in die sektor aangebied word.