North Cape Mall onder water toe pyp bars

Deel hierdie storie / Share this story

Stefan Nel, die kontrakteur wat besig is om die ou Vodacom-winkel in die North Cape Mall te herstel, het aan FiND iT bevestig dat ‘n pyp gebars het toe hulle die plafonbord uitbreek.

Nel sê hy en sy werkers het ‘n ligte suisgeluid gehoor en toe is dit net water. Die sprinkelstelsel se pyp het gebars. Nel sê die pyp en skroefdraad was reeds geroes.

Geen winkels het skade gely nie en die water het vinnig opgedroog.

Kyk die video hier.