KIMBERLEY. – Die man (19) wat na bewering ‘n nagklubeienaar (50) van die stad aangerand het, het vandag weer in die landdroshof hier verskyn.
Barney Blunden is op 21 Mei in hegtenis geneem op aanklag van aanranding met die opset om ernstig te beseer, nadat hy na bewering die nagklubeienaar van @Stones buite die klub aangerand het. Die saak is uitgestel tot 26 September 2019, omdat die ondersoek nog nie voltooi is nie. Blunden se borgtog is tot die volgende hofdatum verleng.



