Kenilworth-inwoners moeg vir toestand van pad

Deel hierdie storie / Share this story

KIMBERLEY. – Die inwoners van die Kenilworth-area is moeg vir die toestand van die pad onderdeur die brug.

Sandra Kock (53), ’n inwoner van Kenilworth, sê hulle het die munisipaliteit in kennis gestel oor die byeenkoms wat hulle beplan het, maar niemand van die Sol Plaatje-munisipaliteit het opgedaag nie.

“Die Yonder-hartsfees is om die draai en ons pad lyk na meer as ’n jaar net erger. Dit is ’n seer oog vir besoekers wat van ander dorpe kom.

“Dit is ook moeilik om saans te sien, want die gate lê gewoonlik vol water en kan baie skade aan jou voertuig doen,” sê sy.