Kimberliete stroom na CTM Kimberley om idees te kry by hulle dekorhuis. Nie net kry hulle idees nie, maar al die dekorbenodigdhede is beskikbaar om hulle huise oor te doen.
‘n Leser vertel aan FiND iT: “Ek is mal daaroor om rond te loop in CTM! Hulle het wragtig die mooiste goed vir jou huis. Baie idees word gebore in daardie plek.”
Met die nuutste dekorbenodigdhede altyd in voorraad by CTM Kimberley, is dit maklik om te sien hoekom hulle so ‘n groot trekpleister vir Kimberliete is.



