FiND iT-lesers nie ten gunste van NWG

FiND iT het ons lesers op Facebook gevra hoe hulle voel dat privaat mediese dienste dalk binnekort kan uitgefaseer kan word.

Alle kommentaar wat gelewer is, was nie ten gunste van NWG (nasionale wetsontwerp op gesondheidsversekering) nie en lesers voel dat dit op ‘n ramp sal uitloop.

Verder het van die kommentaar gesê: “Almal gaan doodgaan nog voor hulle gehelp word, soos reeds gebeur. Kan hulle nie sien hoe swak die mediese sorg reeds is nie?” “Mense gaan op hope sterf in staatshospitale.”

Mediclinic Suidelike Afrika het hom soos volg in ‘n persverklaring uitgelaat: “Mediclinic neem kennis van die vrystelling van die wetsontwerp op nasionale gesondheidsversekering (NHI Bill) op 8 Augustus 2019. Mediclinic ondersteun die beginsel van universal health coverage (UHC) en die verbetering van toegang en die bekostigbaarheid van gesondheidsorg aan alle Suid-Afrikaners ten volle. Mediclinic sal steeds konstruktief tot die bereiking van hierdie doelstellings bydra.”

Dit sal egter steeds weens ‘n paar fasette ‘n tyd neem voor dit ingestel kan word. Die NGV-fonds kan in twee fases oor ‘n periode van nege jaar geïmplementeer word en sal funksioneer as die enkele koper en enkelbetaler van gesondheidsorgdienste in Suid-Afrika.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: