KIMBERLEY. – Douglas Coetzer (29) wat gebore is met Becker-sindroom, asook spierdistrofie, het ’n suurstofmasjien gekry.
Evie Brevis, die matrone by Sally Aucamp, sê Douglas se longspiere is besig om te verswak en hy sukkel dus om asem te haal. “’n Anonieme donateur het vir Douglas ’n suurstofmasjien gekoop en ten volle betaal.”
Douglas, wat nou al agt jaar by Sally Aucamp is, se masjien word vanmiddag afgelewer.
“Ons is baie dankbaar aan wie ook al die masjien vir Douglas gekoop het. Ons kan nie genoeg dankie sê nie!”



