BEACONSFIELD – Twee waterlekkasies is in Broadwayplek, Beaconsfield, Kimberley, opgemerk. Die gebied tussen Kaapstadweg en Carringtonstraat is bekend vir lekkasies.
FiND iT het die gebied op 12 Augustus saam met Ockert Fourie, die wykslid van die gebied, besoek. Water het op die hoek van Broadwayplek en Austenstraat uitgeborrel. Nog ’n lekkasie het water op die hoek by Brunstonstraat laat stroom.
Sello Matsie, woordvoerder vir die munisipaliteit, sê die departement van waterwerke herstel lekkasies wanneer dit vereis word. Herstelwerk word volgens ’n skedule gedoen.
Matsie sê daar is soms ’n vertraging in die skedule wanneer daar aan ’n hooftoevoerpyp soos die 965mm-toevoerpyp gewerk word. Die skedule word ook beïnvloed deur lekkasies wat in Galeshewe, Roodepan en Ritche rapporteer word.
*Foto’s en video is met ’n Huawei P30 geneem.




