KIMBERLEY. – Marius Fransman (49), voormalige leier van die ANC in die Wes-Kaap, het weer vanoggend hier in die landdroshof op aanklag van seksuele misdrywe en naamskending verskyn. Die saak is weer uitgestel weens aspekte wat by die nasionale kantoor opgeklaar moet word.
Louisa Wynand (21) het die klag teen Fransman ingebring ná die misdrywe na bewering op 4 en 5 Januarie 2016 plaasgevind het.
Landdros Nulliah het die saak tot 18 September 2019 uitgestel.



