Lekkasie in Priorplek ’n gevaar, sê inwoner

Deel hierdie storie / Share this story

BEACONSFIELD – ’n Inwoner van Priorplek, Beaconsfield, Kimberley, sê sy is bekommerd oor die veiligheid van haar kinders nadat ’n lekkasie in die straat ’n diep gat veroorsaak het.

Die inwoner sê sy het eers besef hoe gevaarlik dit is toe sy die diepte by die lekkasie met ’n besem gemeet het. Sy kon nie die bodem met die besem raak nie. Klein kinders kan maklik hier verdrink, sê sy.

FiND iT het die lekkasie op 12 Augustus saam met Ockert Fourie, die wykslid van die gebied, besoek. FiND iT het dit weer op 14 Augustus besoek.

Sello Matsie, woordvoerder vir die munisipaliteit, sê die departement van waterwerke herstel lekkasies wanneer dit vereis word. Herstelwerk word volgens ’n skedule gedoen.

Matsie sê daar is soms ’n vertraging in die skedule wanneer daar aan ’n hooftoevoerpyp soos die 965mm-toevoerpyp gewerk word. Die skedule word ook beïnvloed deur lekkasies wat in  Galeshewe, Roodepan en Ritche rapporteer word.

*Foto’s en video is met ’n Huawei P30 geneem.