KIMBERLEY – Jeugdiges wat die laaste tyd in massas deur die stad loop, op soek na werk, is vanoggend by die Sol Plaatje-munisipaliteit gesien.
Omstanders sê die groep het die munisipaliteit besoek om vir werk aansoek te doen.
FiND iT het drie weke gelede voor Eskom se kantoor, in Memorialstraat, met ’n leier van die jeug gesels. Hy sê hulle het verskeie departemente besoek om hulle CV’s in te handig vir enige vakante poste waarvoor hulle kwalifiseer.
“Ons het almal verskeie kwalifikasies en sommige van ons het ook akkreditasie. Dit is vir ons noodsaaklik om ’n inkomste te verdien om te kan oorleef,” het ’n leier van die groep gesê.
Sello Matsie, die woordvoerder van die munisipaliteit, sê daar was geen vakante poste in die laaste maand nie. In Maart 2019 het die munisipaliteit internskapposte vir waarnemende hoof-finansiële beamptes geplaas, maar dit is nog nie finaliseer nie. Die munisipaliteit het meer as 300 aansoeke vir die internskap ontvang, verduidelik Matsie.
*Foto’s en video is met ’n Huawei P30 geneem.



