Drie van vier voortvlugtendes aangekeer

Drie van die vier verdagtes wat uit die polisie se aanhoudingselle op Hartswater ontsnap het, is aangekeer.

Hartswater-buurtwag het aan FiND iT bevestig dat ‘n derde voortvlugtende aangekeer is.

Dié vier verhoorafwagtendes het deur die dak van die polisieselle ontsnap. Hulle is gearresteer vir verskillende misdade, waaronder roof, huisbraak en winkeldiefstal.  Dit is nog onbekend wie die derde verdagte is wat aangekeer is. Die ander twee aangehoudenes, Thabisho Leeuw (21) en Tuelo Mongale (25), is albei op Sondag 11 Augustus 2019 in hegtenis geneem.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: