Kennisgewing: water word vyf uur per dag gesny

KIMBERLEY – Die Sol Plaatje-munisipaliteit het ’n kennisgewing aan inwoners van die stad gestuur dat die watertoevoer na Kimberley oor die volgende twee dae tussen 10:00 en 15:00 gesny sal word.

Sello Matsie, woordvoerder van die munisipaliteit, sê een van die pompe by Riverton het gebreek. Twee pompe is in gebruik, maar watertoevoer word teen ’n verlaagde kapasiteit van 40% gelewer.

Die nuwe pompstasie gaan op dieselfde tyd afgeskakel word. Die munisipaliteit vra dat inwoners water spaarsamig gebruik, terwyl die nuwe pompstasie in gebruik gestel word.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: