Nóg ‘n studente-huis geleë in Hollingworthstraat, Monumenthoogte, hou bure in die nag wakker. Daar was geen hersonering of kennis aan inwoners gegee dat dié studente-huis sou oop maak nie.
Van 2017 -2018 was die huis vir verpleeg-studente uitverhuur, waar daar volgens inwoners ook baie ongeruimdhede aangegaan het met drank, musiek, gil en skree en mans wat die huis besoek.
Die huis se kamers word tans aan mans-en vroue-studente uitverhuur. Die huis is verwaarloos en drank bottels lê die hele erf vol.
Een van die bure het met FiND iT gesels en gesê: “Ek het al drie keer hierdie jaar op my eie onkoste TSS-sekuriteit uitgestuur in die nag in n werks-week om hulle stil te maak . Die polisie was ook al ontbied met geen terugvoering nie. Al die bure is keelvol. Ons is almal sakemense wat meer as 30 jaar in dieselfde straat woon en wie se eiendom jare gelede klaar betaal is. Nou word ons deur n spul “studente” geteiken oor naweke en daagliks . Is ‘n mens se huis nie die plek waar jy rus, vrede en veilig moet voel nie?”
Is jy ook in só ‘n situasie? Hou jou bure of iemand in jou buurt jou snags wakker? Stuur ‘n e-pos aan [email protected]



