Twee kinders deur taxi raakgery

Deel hierdie storie / Share this story

KIMBERLEY. – Twee laerskoolleerders is vanmiddag deur ’n taxi in John Dakastraat, Galeshewe, raakgery.

Die ongeluk het omstreeks 14:30 plaasgevind.

Richard Douw (37), een van die passasiers in die taxi, sê daar het vyf kinders oor die pad gehardloop. “Die kinders het mekaar oor die pad probeer trek toe hulle ons sien aankom, maar twee het losgeruk van die ander en het in die straat agtergebly.”

Die nooddienste het die kinders op die toneel behandel, voor hulle die kinders na Robert Mangaliso Sobukwe-hospitaal geneem het. Hulle het ook bevestig die kinders is okei en geen ernstige beserings is opgedoen tydens die ongeluk nie.

Die owerhede was nog nie op die toneel toe die kinders behandel is nie.