KIMBERLEY. – Hansie Galloway, die voormalige eienaar van die kuierplek Shadows in Kimberley, se saak is vir verhoor uitgestel. Hy het vandag weer in die Kimberley-landdroshof verskyn.
Galloway staan tereg op ’n aanklag van seksuele aanranding nadat dit aan die lig gekom het dat hy na bewering ’n dogtertjie (9) in 2015 seksueel aangerand het. Die meisietjie was ten tye van die misdryf vier jaar oud.
Adv. Sipho Lalane het bevestig die saak is tot 9, 10 en 11 Oktober 2019 uitgestel en die verhoor behoort oor hierdie paar dae plaas te vind.



