Boeresportnaweek ’n groot sukses

Deel hierdie storie / Share this story

KIMBERLEY. – Die Voorslag-perdeklub het die naweek ’n boeresportbyeenkoms gehou en sê dit was ’n groot sukses.

Die boeresportnaweek het op 9 en 10 Augustus plaasgevind met alles van boeresport met jou perd tot ’n modeparade.

Marilize Lubbe, ’n lid by die klub, sê die naweek was ’n groot sukses. “Ons het omtrent 100 voertuie gehad met twee of meer mense per voertuig.

“Daar het omtrent 45 mense aan die modeparade en sowat 30 aan die boeresport deelgeneem. Ons het ’n paar wenners die naweek gehad.”

Sy sê hulle het baie goeie terugvoering van die naweek gekry en het klaar ’n paar events in gedagte vir volgende jaar.