Polisie verseker veiligheid op die pad tydens vrouedag

Die Suid-Afrikaanse Polisiediens het ‘n operasie in samewerking met die departement van binnelandse sake, die Suid-Afrikaanse inkomstediens, die gemeenskapspolisiëringsforum, die vrouenetwerk en vrywilligers van die departement transport, veiligheid en skakeling op die N14-weg Kanoneiland gehou.

Ter viering van die Nasionale Vrouedag het die ZFM cluster-vroue in blou saam met ander vroue van verskillende departemente hulle daartoe verbind om diens aan die gemeenskap te lewer deur veiligheid op die paaie te verseker en na onwettige items te soek. Die operasionele bevelvoerder van die padblokkade, kol. Eve April, het die lede op die parade toegespreek en verduidelik waarna hulle op die uitkyk moes wees.

Tydens die padversperring is verkeersboetes uitgereik en voertuie sowel as persone deursoek. Pamflette wat misdade teen vroue en kinders aanspreek, is versprei. Die padversperring was ‘n groot sukses deur die toewyding van die polisie en die verskillende departemente.

Die algemene bevelvoerder, brig. Sampie Koopman, het gesê: “Dit is nie net vroue wat mishandel word nie, maar mans is ook slagoffers van mishandeling.” Hy het verder gesê dat “vrouemaand nie net gaan oor die viering nie, maar ook om die veiligheid van die gemeenskap te verseker.”

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *