Eks-kêrel kry lewenslange tronkstraf vir verkragting

Deel hierdie storie / Share this story

KIMBERLEY – Tlotlo Hele (26) is deur die streekhof op Mothibistad op vier aanklagte van verkragting tot lewenslange tronkstraf gevonnis. Tlotlo is skuldig bevind aan die verkragting van sy eks-meisie in die teenwoordigheid van haar 2-jarige seun. In April 2018 het Tlotlo gedurende die nag in die huis van sy vriendin ingebreek, haar aangerand en verkrag. Die eks-meisie het oop snywonde aan haar gesig opgedoen. Na die voorval het Tlotlo van die toneel gevlug en was vir drie maande gesoek.

Die getuienis van die slagoffer en forensiese bewyse het Tlotlo met die misdaad verbind. Hy is in aanhouding gehou totdat die saak afgehandel is.

Die waarnemende provinsiale kommissaris van die Noord-Kaap, maj.-genl. Koliswa Otola, het die ondersoekbeampte, Caren Nel, geloof vir haar uitstekende ondersoekwerk wat daartoe gelei het dat die beskuldigde op vier aanklagte van verkragting tot lewenslange tronkstraf gevonnis is. Hy het voortgegaan om die nasionale vervolgingsgesag en die departement van justisie te prys vir die verwydering van misdadigers uit die samelewing.