NOORD-KAAP – As deel van Vrouedag-vieringe besoek die polisie se tien damessokkerspanne van nege provinsies en een van die polisie se nasionale hoofkantoor vanoggend twee skole in Kimberley om sokkeruitrusting, handdoeke en toiletware aan die behoeftige skoliere uit te deel.
Die polisie het die deelnemers van die hoërskole Tshireleco en Roodepan verras as deel van die inisiatief vir maatskaplike verantwoordelikheid met die doel om hulle aan te moedig om van dwelmmiddels af weg te bly en op hul studies te fokus.
Die beweging is afgesluit met patrollies en stop-en-soek-operasies deur die strate van Kimberley se CBD en het by die taxistaanplek geëindig. Lede van die publiek en motoriste het ook pamflette gekry van hierdie sterk, energieke sportvroue en hul bevelvoerders, bestuurders en afrigters wat deur die strate van die stad gestap het.
Die president van die Suid-Afrikaanse polisiedienssokkervereniging, maj.-genl. Motlhala, die provinsiale hoofde van menslike hulpbronontwikkeling en korporatiewe kommunikasie in die Noord-Kaap, brigadiers Kers en Ramatseba, het onderskeidelik aan hierdie geleentheid deelgeneem.
Die plaaslike stasiebevelvoerders van Galeshewe en Roodepan, brig. Diakanyo en kol. Mienies, vorm ook deel van die inisiatief.
Die dames speel tans in die halfeindronde en ons sien uit na ‘n goeie finaal vandag op vrouedag.





