‘n Vrou is getraumatiseerd, maar ongedeerd na ‘n gewapende huisroof in Moghul Park gisteraand.
Die vrou, wat anoniem wil bly, het by haar huis aangekom en haar motor afgeskakel om te wag vir haar motorhek om oop te gaan, toe sy ‘n geweerskoot hoor. ‘n Groep mans het haar daarna na bewering rondgeruk en weggekom met haar handsak waarin haar identiteitsdokument, bankkaarte en ‘n onbekende bedrag geld was.
Kaptein Tessa Jansen, woordvoerder vir die polisie, het bevestig dat die vrou getraumatiseerd, maar ongedeerd is. “Die ondersoek duur voort.”
Geen verdagtes is nog gearresteer nie.



