Soektog in woonbuurt – ses gearresteer

Deel hierdie storie / Share this story

KIMBERLEY. – Die SAPD, immigrasie- en verkeersdepartement het vanoggend om 06:00 ’n soektog deur die Samariapad en Kimdustria-begraafplaas gedoen. ’n Vrou is in hegtenis geneem vir die besit van vermoedelik gesteelde koperkabels en dagga.

Kapt. Sergio Kock, polisiewoordvoerder, sê hulle het teen 08:00 vanoggend reeds vyf mense, waarvan twee mans en drie vrouens is, by die Samariapad-woonbuurt in hegtenis geneem. “Hulle het nie die nodige dokumentasie gehad nie, dus moet hulle identiteite eers geverifieer word. Ons moet seker maak wie Suid-Afrikaanse burgers is en wie onwettig in die land is.

“’n Vrou is ook in hegtenis geneem vir die besit van vermoedelik gesteelde koperkabels en dagga. Ons moet die koper en dagga in haar teenwoordigheid by die polisiekantoor gaan weeg.”