’n Motor en polisiebakkie het by die New Park-sentrum gebots.
Na bewering wou die vrou in die motor draai, toe die polisiebakkie in haar vasry. Niemand is in die ongeluk beseer nie.
Die Bultfonteinweg-ingang word tans versper. Owerhede is op die toneel.



