Petrol op met 12c, diesel af met 16c in Augustus

Deel hierdie storie / Share this story

Motoriste kan verwag om 12c duurder vir petrol in Augustus te betaal. Dieselverbruikers kan ’n verlaging van 16c in die prys van diesel verwag.

Die Automobiel Assosiasie (AA) sê die internasionale prys van olie het sedert die begin van Julie stadig gestyg.

Die AA sê die onstabiliteit van die olieprys word deur verskeie faktore veroorsaak en gaan voorlopig voortduur. 

Enige faktor wat die olieprys nou beïnvloed, kan die prys van brandstof in September skerp opstoot, sê die AA.