GALESHEWE – Ndumiso Giyani (30), ’n vermeende reeksverkragter, wat op 35 aanklagte teregstaan, het vandag in die Hooggeregshof in Kimberley verskyn.
Giyani staan tereg op verskeie aanklagte van verkragting. ’n Aantal vroue en ’n kind is onder die slagoffers.
Regter Violet Phatshoane het gesê die beskuldigde kan weens die ernstige aanklagte teen hom lewenslank gevonnis word.
Giyani word vir die volgende aangekla:
- 14 klagte van verkragting
- 13 klagte vir roof met verswarende omstandighede
- 6 klagte van ontvoering
- 2 klagte van poging tot roof
Die saak dien voorlopig in die Hooggeregshof in Kimberley.







