August 4, 2021

R3 miljoen se dagga in minibus gevind

CALVINIA. – Dagga ter waarde van sowat R3 miljoen is vandag by ’n vulstasie in Calvinia gekonfiskeer.

Verskeie eenhede van die polisiekantoor op Calvinia het ’n voertuigkontrolepunt by ’n plaaslike vulstasie in die CBD gehou en het omstreeks 11:00 ’n wit minibus deursoek. Hulle het 65 sakke dagga, met ’n geraamde straatwaarde van R3,2 miljoen, in die motor gevind.

Kapt. Sergio Kock, polisiewoordvoerder, sê die polisie in Calvinia het ’n groot deurbraak in die dwelmhandel gemaak. “’n Vyftigjarige man is in hegtenis geneem. Hy was na bewering van KwaZulu-Natal na die Wes-Kaap onderweg.”

Die polisie het ook die voertuig, waarmee die verdagte gereis het, gekonfiskeer, aangesien dit vermoedelik in die pleging van die misdaad gebruik is.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *