Man wat “dief” skiet – saak uitgestel

Deel hierdie storie / Share this story

KIMBERLEY. – Charl Stoltz (45) wat in Junie ’n vermeende dief in die middedorp geskiet het, het vandag in die landdroshof hier verskyn. Die ondersoek is nog nie afgehandel nie.

Die voorval het op 10 Junie 2019 plaasgevind.

Na bewering wou die man Stoltz se selfoon steel. Stoltz het op 12 Junie 2019 op aanklag van poging tot moord en die afvuur van ’n pistool in ’n munisipale/openbare area verskyn.

Die saak is uitgestel tot 2 September 2019 sodat die nodige bewyse gekry kan word.