Penny Sparrow wat in 2016 vir ’n rassistiese aanmerking oor strandbesoekers op sosiale media bekend geword het, het aan longkanker gesterf.
Sparrow het in September 2016 in die gelykheidshof skuldig gepleit. Sy is met R150 000 beboet wat aan die Oliver Adelaide Tambo Foundation betaalbaar was. Die organisasie het dit van die hand gewys.
Die hof het Sparrow beveel om ‘n verdere boete van R5 000 vir crimen injuria te betaal of tronkstraf van 12 maande uit te dien.
“Ek besef wat ek gedoen het is verkeerd. Dit is vir my moeilik om in woorde te sê hoe sleg ek daaroor voel. Ek sal strewe om ’n beter burger te wees. Ek sal ander respekteer en saam werk om ons land ’n beter plek te maak om in te woon,” het Sparrow in die hof gesê.



