Polisie vier Mandeladag

Deel hierdie storie / Share this story

KIMBERLEY – Die provinsiale polisie en die Kimberley-polisiekantoor het die inisiatief geneem om ongeveer 120 komberse en nie-bederfbare kruideniersware as deel van die 67-minuut-Mandeladag-vieringe in te samel.

Die dag het om 11:00 begin met ‘n pretstap vanaf die Phoenix-hotel in Central Road in Beaconsfield. Die komberse en kruideniersware is aan minderbevoorregtes en behoeftiges in Kimberley uitgedeel.