Die adjunk- provinsiale kommissaris vir bestuursintervensie, maj. Jenny Fourie, en haar lede het hulle 67 minute toegewy aan Mandela-dag saam met 120 pediatriese pasiënte by die Robert Mangiliso Sobukwe-hospitaal in Kimberley.
Die afdeling het 120 geskenksakke aan die kinders versprei en hulle ma’s het mediese behandeling in die pediatriese afdeling ontvang. Die kinders het ook inkleurboeke en kryte ontvang om hulle besig te hou terwyl hulle in die hospitaal is.




