Korrupsie in munisipaliteit – memorandum ingedien

Deel hierdie storie / Share this story

BOSHOF. – Meer as 1 000 betogers het vanoggend bymekaargekom omdat  ’n memorandum, wat hulle op 2 Julie 2019 ingedien het, onbeantwoord bly.

Die betogers het die memorandum ingedien met ’n sewe dae reaksietyd, maar dis uitgestel tot 12 Julie en is toe weer uitgestel tot 23 Julie 2019.

Johan Steenkamp, AfriForum-voorsitter vir Boshof en Dealesville, sê die betogers is ongelukkig oor die memorandum wat ingedien is en wat heeltyd uitgestel word om meer tyd te wen. “Na bewering wil die betogers hê die munisipale bestuur op Boshof moet bedank weens korrupsie in die munisipaliteit.

“Die betogers het alle ingange van Boshof met bande, bottels en klippe versper. Hulle wou geen skade berokken nie, maar wil hê die munisipaliteit moet hulle ernstig opneem.”

Die polisie het na bewering gereageer deur sommige van die betogers met rubberkoeëls  te skiet.