Boshof-moordverdagtes moet DNA verskaf

Deel hierdie storie / Share this story

BOSHOF. – Die vyf verdagtes wat gister in hegtenis geneem is in verband met die moord op Sakkie en Ina van der Berg, het vandag in die Boshof-landdroshof verskyn. Die saak is uitgestel.

Sakkie (67) en Ina (62) is Vrydag 12 Julie 2019 op die plaas, Bloubos, waar hulle gewoon het oorrompel en vermoor. Hulle liggame is Saterdag deur ’n buurman gevind na onraad vermoed is.

Die verdagtes is gister op Dealesville in hegtenis geneem ná hulle deur die polisie deursoek is en ’n vuurwapen in hulle besit gevind is. Die vuurwapen is vir forensiese toetse gestuur om vas te stel wie die eienaar van die vuurwapen is.

Johan Steenkamp, AfriForum-voorsitter vir Boshof en Dealesville, sê die verdagtes wou nie DNA-toetse laat doen nie, maar is vandag in die landdroshof beveel om wel hulle DNA te verskaf.

Die saak is tot 29 Julie 2019 uitgestel.