Onreëlmatighede met Kimberley Diamond Cup-tenderproses

KIMBERLEY – Die DA in die Noord-Kaap sê hulle het bewyse van onreëlmatighede met die tenderproses van Kimberley Diamond Cup-skaatsplankkampioenskap.

Andrew Louw, provinsiale leier van die DA, het tydens ’n perskonferensie bewysstukke aan die media voorgelê.

’n Tender om die Kimberley Diamond Cup moontlik te maak, is 336 dae ná dit verval het aan HRA Trading en FISE Africa goedgekeur. Beide maatskappye is na bewering by dieselfde adres geregistreer.

Louw sê die direkteur van FISE Africa is Komalin Packirisamy, die broer van Kuberin Packirisamy, die hoof- finansiële bestuurder van die departement van ekonomiese ontwikkeling en toerisme in die Noord-Kaap.

Kuberin is die voorsitter van die departement se raad vir tenderbeoordeling. Louw sê dit skep inderdaad ’n botsing van belange. Hy sê die departement het volgens beleid ’n mandaat om die advertensie vir die tender weer te plaas indien dit verval het. Dit is onreëlmatig daarsonder goedgekeur.

Louw sê as hy premier was, sou hy onmiddellik die byeenkoms gestaak het vir die ondersoek om afgehandel te word.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *