Nuwe inligting in Galloway-hofsaak

Deel hierdie storie / Share this story

KIMBERLEY. – Hansie Galloway, die voormalige eienaar van die kuierplek Shadows in Kimberley, het vandag weer in die Kimberley-landdroshof verskyn. Die saak was uitgestel tot vandag vir die uitslag van die betoë, maar is vandag weer uitgestel weens nuwe inligting wat ingedien is.

Galloway staan tereg op aanklag van seksuele aanranding nadat dit aan die lig gekom het dat hy na bewering ’n dogtertjie (9) in 2015 seksueel aangerand het. Die meisietjie was ten tye van die misdryf vier jaar oud.

Die voorval het na bewering in Oktober 2015 op Douglas plaasgevind.

Adv. Mafaro, Galloway se prokureur, het gevra vir uitstel, weens nuwe inligting wat eers gister ingedien is.

Landdros Nulliah het die saak tot 2 Augustus 2019 uitgestel en het gesê dit is die finale uitstel.