Agt maande oorlede – steeds nie geïdentifiseer

Deel hierdie storie / Share this story

KIMBERLEY. – ’n Dertigjarige man wat op 2 November 2018 in Galeshewe vermoor is, is steeds nie geïdentifiseer nie.

Die SAPD in Galeshewe doen ’n beroep op die publiek in Galeshewe om te help met die identifisering van die liggaam.

Die oorledene is omstreeks 02:00 deur vier mans in Malistraat aangeval. Hy is in die bors gesteek. ’n Verbyganger het die oorledene tot by Kimberley-hospitaal gehelp, maar hy is met aankoms reeds dood verklaar.

Die oorledene is 1,64m lank en is slank gebou. Hy het ’n vlootblou sweetpakbroek, blou en groen geruite bokserbroek, ’n khaki-baadjie en ’n rooi en swart sporthemp aangehad. Hy het ook bruin skoene aangehad.

Enigeen met inligting wat kan lei tot die inhegtenisneming van die verdagtes of die identifikasie van die oorledene kan vir Dirk Thys, die ondersoekbeampte, by 082 469 0130 of 053 807 6000 kontak.