Motoriste kan verwag om 7c duurder vir petrol in Augustus te betaal. Dieselverbuikers kan moontlik ’n verlaging van 20c op die prys van diesel verwag.
Die Automobiel-Assosiasie (AA) sê alhoewel die Rand in Julie versterk het teenoor die Dollar het internasionale olie pryse gestyg.
Die verhoging in die kostes om ru-olie te verwerk, het tot die ongewone situasie gelei waar motoriste ’n verlaging in die dieselprys en ’n verhoging van die petrolprys in volgende maand kan verwag.
Die AA sê die syfers is nog net ’n aanduiding en kan teen die einde van die maand verander.



