’n Hond (Leialoha) is met ernstige sonbrand gered nadat sy lewendig op ’n strand in Hawaii begrawe is.
Luidens ’n Facebook-plasing deur PAWS of Hawaii, ’n dierebeskermingsorganisasie, het hulle span op die eiland van Ohau op ’n verdagte, wat met ’n kapmes gewapen was, afgekom. Hy was net klaar om die hond lewendig op die strand te begrawe.
Die PAWS-span het die hond verwyder en haar na ’n veearts gebring. Hulle het haar die naam Leialoha gegee.
Sy was opgeswel, het sonbrand opgedoen en het 90% van haar pels verloor.
Sy doen tans goed. Sy eet en drink water. Sy was baie moeg en traag, verduidelik PAWS op hulle Facebook-blad.








