Tweede gerehabiliteerde flamink in Namibië gesien

Deel hierdie storie / Share this story

Nóg ’n gerehabiliteerde flamink (nr. 0492) is in Namibië gewaar. 

Die flamink wat op 24 Junie by Kamfersdam vrygelaat is, is op 12 Julie by ’n rioolplaas in Swakopmund gesien.

Mark Boorman, voëlringer, sê die flamink lyk goed en is tussen 120 ander flaminke, waarvan meer as die helfte jong flaminke is, opgemerk.

Dr. Doug Harebottle, ’n lektor by die Sol Plaatje-universiteit, sê weens ekstreme weerstoestande wat regoor die wêreld ontwikkel het, het lugstrome waarskynlik veroorsaak dat ’n tweede flamink in Namibië opgemerk is.

Die rapportering en validering van waarnemings is noodsaaklik vir ‘n beter begrip oor die wyer verspreiding van hierdie spesie. 

Dit word versoek dat enige waarnemingsverslae van GPS-koördinate (indien beskikbaar), foto’s en enige inligting oor die grootte van die kudde en hoeveel volwassenes en jeugdiges teenwoordig was, vergesel word. Verslae kan na [email protected] aangestuur word.