Kimberley-inwoner verloor alles in brand

Deel hierdie storie / Share this story

KIMBERLEY. – Kom ons help Cynthia de Wee (50), die ma van Floors wat Vrydag baie van haar besittings in ’n huisbrand verloor het. Sy het nie huisversekering nie en is ’n enkelouer.

Cynthia het vir ons ’n lys gemaak van al die besittings wat sy verloor het. Haar 17-jarige seun het al sy skool- en sokkertoerusting en klere en in die brand verloor.

  • Dubbelbedmatras en basis
  • Beddegoed vir die dubbelbed
  • Drie stelle gordyne
  • Sitkamerstel
  • 49’’ Telefunken-televisie
  • Skooltas en sporttoerusting vir haar seun
  • Sokkertoks (size 6)
  • Tekkies (size 6)
  • Klere en skoene vir haar seun
  • ’n Losstaande kas
  • 20 vensters
  • 2 deure

Indien julle enige van hierdie lys items kan skenk, los asseblief jou kommentaar en ons sal jou kontak.