{:af}Kimberley-ma los baba buite nagklub{:}{:en}Mom leaves baby outside nightclub{:}

Deel hierdie storie / Share this story
{:af}

KIMBERLEY. – ’n Eenjarige babatjie is in pleegsorg geplaas nadat die baba se ma die kind na bewering in ’n onbekende man se bakkie gelos en na ’n nagklub in Kimberley gegaan het.

Kapt. Tessa Jansen, polisiewoordvoerder, sê die ma, wat in Beaconsfield woon, het na bewering Vrydagaand met die kind geryloop en is opgelaai deur ’n onbekende man. “Hulle het na bewering in die bakkie gedrink en toe besluit om na die nagklub, The Baron, te gaan.”

Hulle het ’n vrou by die nagklub ontmoet. Later sou die man vir haar sê hy weet nie waar die kind se ma is nie en dat sy die baba vir haar kan vat.

Die vrou het die polisie gebel en die kind is in pleegsorg geplaas, aldus Jansen.

“’n SAPD-lid, wat ‘n plek van veilige bewaring vir babas het, het die baba herken en die ma is gisteraand in hegtenis geneem.”

Sy sal na verwagting môre in die hof op aanklag van kindermishandeling verskyn.

{:}{:en}

KIMBERLEY. – A woman is in police custody after allegedly abandoning a one-year-old child in a vehicle near a nightclub on Friday night. The baby boy has since been placed in foster care following the incident.

Capt. Tessa Jansen, Police spokesperson, said the mother, who lives in Beaconsfield, hitchhiked with the child on Friday night before being picked up by an unknown man. “They allegedly drank in the bakkie and then decided to go to the nightclub, The Baron.”

The owner of the vehicle told a woman at the nightclub that he didn’t know where the child’s mother was and that she could take the baby for herself.

The woman called the police and the child was placed in foster care, Jansen said.

“A police member, who has a place of safe custody for babies, recognized the baby and the mother was arrested last night.”

She is expected to appear in court on child abuse and negligence charges tomorrow.

{:}