BOSHOF. – ’n Bejaarde man en vrou is gisteraand op hulle plaas, Bloubos, sowat 20 km buite Boshof, vermoor.
Die slagoffers is as Sakkie en Ina van der Berg geïdentifiseer.
Bure van die egpaar het vanoggend onraad vermoed en na hulle plaashuis gegaan, waar hulle op die toneel afgekom het. Die polisie is dadelik ontbied.
Sers. Wendy Nkabi, polisiewoordvoerder, sê hulle het nog geen verdagtes vir die moord vasgetrek nie. ’n Saak van moord, huisbraak en motordiefstal is geopen.

Die egpaar se Ford Ranger-bakkie, met registrasienommer, HFS042 FS word steeds gesoek.
Johan Steenkamp, AfriForum-voorsitter vir Boshof, Dealesville en Hertzogville, sê dié plaasaanval is nog die naaste aan Boshof.



