SAPD gesels met lede van die drankraad en drankwinkels

Deel hierdie storie / Share this story

Noord-Kaap – Roodepan SAPD het die eienaars van drankwinkels en die drankraad uitgenooi om planne te bespreek om die Roodepan-gebied te beveilig.

Die ontmoeting het plaasgevind by Horseshoe Motel in Kimberly op Donderdag 11 Jullie 2019.

Belanghebbendes wat aan die sessie deelgeneem het, sluit in die Noord-Kaapse Drankraad, die Frances Baard Distrik se VISPOL-hoof en eienaars van plaaslike drankwinkels in Roodepan.  Kollektiewe planne en strategieë is bespreek om misdaad in die Roodepan-gebied te verminder.