Barco Scheffer (14), ’n gr.8-leerder aan die Hoërskool Diamantveld, is deel van Suid-Afrika se o/15-pluimbalspan, wat tweede geëindig het in die All Africa-toernooi wat in Abidjan in die Ivoorkus gehou is.
Hy is een van sewe spelers in die Suid-Afrikaanse span. Hulle het reeds die dubbelspel voltooi en het vandag begin met die enkels.
Die span het silwer behaal nadat hulle teen Mauritius in die finaal verloor het. Die toernooi het altesaam 12 spanne, van regoor Afrika, wat deelneem.
Ladene Scheffer, Barco se ma, sê hy speel al vir drie en ’n half jaar pluimbal. “Hy het by ’n klub aangesluit. Hy is gekies vir die provinsiale span en moes teen ander provinsiale spanne by die SA-toernooi speel.”
Sy sê tydens die provinsiale toernooi word kinders deur keurders gekies en hulle kry dan nasionale gradering. “Hierdie agt leerders is vanjaar by die Suid-Afrikaanse toernooi, wat in Durban plaasgevind het, gekies.”

| GESPEEL TEEN | TELLING | WEN OF VERLOOR |
| Nigerië | 0-5 | Wen |
| Ivoorkus | 1-4 | Wen |
| Ghana | 0-5 | Wen |
| Namibië | 0-5 | Wen |
| Egipte | 0-5 | Wen |
| SEMI FINAAL | ||
| Algerië | 2-3 | Wen |
| FINAAL | ||
| Mauritius | 3-1 | Verloor |
Spelers wat Suid-Afrika vanjaar verteenwoordig
Xianyaoli Wang – Benoni
Amy Leigh Ackerman – Benoni
Cullen Kakora – Bloemfontein
Barco Scheffer – Kimberley
Tamsyn Smith – Benoni
Taniel Hailey Stroud – Benoni
Ronan du Plessis– KwaZulu-Natal




