KIMBERLEY. – Rrabatho Lekhu (40), ’n Kimberley-inwoner, word al drie maande vermis.
Kapt. Tessa Jansen, polisiewoordvoerder, sê die man is op 11 April deur ’n vriend na Kimberley geneem. Die vriend het hom by 659 Solomon Mekgwestraat, in Retswelele, ontmoet en hom naby Auto Pedigree-motors in Du Toitspanweg in Kimberley, afgelaai.
“Die man het ‘n T-hemp met ‘n kortbroek en plakkies aangehad toe hy verdwyn het.”
Kapt. Olebogeng Tawana, polisiewoordvoerder, het vandag aan FiND iT bevestig die man word steeds vermis en die saak word nog ondersoek.
Jansen sê indien jy inligting het rakende sy verdwyning, sal jou identiteit beskerm word en jy anoniem inligting kan deurgee deur 08600 10111 te skakel.
Die ondersoekbeampte is lt. kol. MW Beni. Kontak hom by 063 691 0926 of 053 838 4254 of stuur ‘n epos aan [email protected].



