Dogtertjie (2) na bewering doodgery

Deel hierdie storie / Share this story

KIMBERLEY. – ‘n Tweejarige kind is na bewering vroeër vanaand in Rabajistraat in Vergenoeg doodgery.

Kapt. Kale, polisiewoordvoerder, het bevestig die dogtertjie is vroeër vanaand doodgery. Dit is nog nie duidelik presies wat gebeur het nie.

‘n Geregtelike doodsondersoek word gedoen. FiND iT is op die toneel en hou jou op hoogte.