September 23, 2021

Verkragter tot 30 jaar agter tralies gevonnis

PHILIPSTOWN. – ’n Man van Philipstown in die Noord-Kaap is vandag in die De Aar-landdroshof op drie aanklagte van verkragting tot 30 jaar tronkstraf gevonnis.

Thamboer Seekoei (26) is skuldig bevind nadat hy op 14 Februarie 2016 ’n 47-jarige vrou verkrag het. Hy is ná die voorval in hegtenis geneem. Hy is later op borgtog vrygelaat waartydens hy ’n 53-jarige vrou meer as een keer verkrag het.

Kapt. Olebogeng Tawana, polisiewoordvoerder, sê Seekoei is daarna weer gearresteer en op twee verkragtingsake aangekla.

Die staat het hom as gevaarlik vir die gemeenskap beskou en het sy borgtogaansoek geweier. Hy was in aanhouding tot sy verhoor vandag.

Tydens die verhoor het die slagoffers Thamboer se modus operandi gedeel. Hy het sy slagoffers onder valse voorwendsels na sy huis gelok deur hulle te vra om hom te vergesel om geld te gaan haal. Terwyl hy met die slagoffer in sy huis was, sou hy hulle oorweldig en hulle seksueel aanrand.

Seekoei is soos volg gevonnis:

Verkragting 1 – 10 jaar gevangenisstraf

Verkragting 2 – 10 jaar gevangenisstraf

Verkragting 3 – 10 jaar gevangenisstraf

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *