Anuschka Malan, ‘n inwoner van Carters Glen en haar gesin, voel onveilig in hulle eie huis nadat daar onderskeidelik vir dae na mekaar dreigende briewe in hul posbus gegooi word.
Die briewe lees onderskeidelik “Passop vir jou!!! |Ek weet j is aleen manlif is by die werk. Jy skult my.” en “Onthou net, jy skuld my!!!!! Jy gaan nie so maklik weg kom nie!!!!!”
Anuska sê dat hulle ‘n vermoede het wie dit is, maar sukkel om bewyse te kry. “Die polisie kan op die stadium niks doen nie omdat daar nie ‘n naam by is nie. Ons vermoed dit is iemand wat wil wraak neem of my wil bang maak. Ons vermoed ook die persoon hou ons doen en late dop. Die persoon wat dit doen is uiters siek in die kop! Dit laat my baie onveilig voel in my eie huis. Ek sukkel deesdae om te slaap, ek spring vir elke geluidjie op en dit is aaklig! “
“Ons woon in ‘n veilige buurt en het ‘n uitstekende buurtwag. Ons het al die polisie gebel, maar omdat die briewe nie lewensgevaarlik is nie en nie ‘n naam by het nie, kan hulle niks doen nie.”
Was jy al in so ‘n situasie? Hoe hanteer mens dit? Stuur ‘n epos na [email protected]





